Kategorie:

Seekamp en veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die Oktober-vakansie te Boknes Voortrekkerterrein

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die kamp poog om die kind onder die Grootsheid van God se skepping te bring en wat ons rol daarin is, bewus te maak van ons geskiedenis en dit toe te pas in die moderne lewe, vaardighede aan te leer om van hulle diensbare leiers te maak.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 3 – Toeka; Seeplante: Kennis van tradisies; kennis van seeplante

Graad 4 – Seekennis; Noodhulp: Basiese noodhulp; kennis van die see en rol van die see in ons lewens speel

Graad 5 – Boeresport; Roeikuns: Kennis en aanbied van boeresport; leer om te roei

Graad 6 – Redding; Sterrekunde: Paraatheid en kennis van die sterre

Opsionele programme:

Graad 1 – Spele: Om tradisionele speletjies aan te leer en te speel

Graad 2 – Versamelkuns (See): Om deur middel van versameling leersame feite te leer

Graad 7 – Kamplewe (Verkenner): Hoe om ‘n kamp te beplan, beveilig, begroot ens.

 

Kampleier:

Lizan Burger

Selfoon: 084 036 0209

E-pos: [email protected]