

Vyf…
Belangrike punte oor die Voortrekkers se kongres:
- Die eerste Voortrekkerkongres het op Saterdag 11 Desember 1920 in die historiese gedenksaal in Bloemfontein plaasgevind. Dit was ’n groot teleurstelling dat net 12 mense opgedaag het. Dalk was ’n warm Desember in Bloemfontein nie die regte tyd nie, maar dit het nie die aanwesiges se geesdrif gedemp nie.
- Die laaste kongres is in 2017 in Bloemfontein gehou. Tydens die kongres is Nico Tromp en Corrie Scheepers deur Josias Swanepoel by die Boom van Sameswering by Onze Rust as hoofbeskermheer en hoofbeskermvrou ingehuldig.
- Die 2017-kongres het nie net die gesinsbeleid bevestig nie, maar as prioriteit besluit “om Die Voortrekkers as tuiskomplek vir gesinne te vestig”.
- Die kongres vind vanjaar plaas vanaf 13–15 Julie 2023 te Graaff-Reinet.
- Sluitingsdatum vir inskrywings vir die kongres is 31 Mei 2023.
Alle Voortrekkers sien uit na die kongres in Graaff-Reinet. ’n Kongres is ’n hoogtepunt vir elke Voortrekker. Daar is altyd goeie herinneringe van vorige kongresse bv. die een op Barkly-Wes (2009) wat verskriklik koud was of die kongres waar die Voortrekkermaatskappy (2005) gestig is.

Kentekens (Spesialisasies)
Die Voortrekkers het van die begin af jeuglede begelei tot selfstandigheid deur middel van vaardigheidsontwikkeling. Indien ’n kind ’n Voortrekker is, word hulle van jongs af blootgestel aan die ontwikkeling van ’n wye reeks praktiese vaardighede deur kentekens en graadwielwerk. Dr. NJ van der Merwe het Die Voortrekkers se taak nie los van die maatskaplike konteks gesien nie. Uit die Hou Koers van 1941 skryf hy dat die doel van Voortrekkers is veral om praktiese kennis by seuns en dogters in te skerp. Karaktervorming is ook die doel van die beweging. Dit is teen hierdie agtergrond wat kentekens ontwikkel het. Anders as vandag was daar in die beginjare nie so ’n groot verskeidenheid van kentekens vir jeuglede nie.
Die doel van kentekens is:
- om ’n spesifieke vaardigheid te ontwikkel byvoorbeeld sosiale, kommunikasie-, leierskap- of kulturele vaardighede;
- om ’n liefde vir die natuur, land of geskiedenis te ontwikkel;
- om waardes soos respek, betroubaarheid, empatie, integriteit of lojaliteit deur ’n kenteken te kweek of te versterk;
- om meer kennis oor ’n spesifieke onderwerp te bekom;
- as uitbreiding van ’n onderwerp in die Voortrekkerloopbaanplan en
- die bekendstelling aan ’n stokperdjie of ’n moontlike beroep.

Statistiek aanlyn kursusse in Die Voortrekkers
Die Nasionale komitee Volwasse Sake het in 2011 besluit om die Intreekursus aanlyn beskikbaar te stel. Moodle is ’n gewilde oopbron-leerbestuurstel wat wêreldwyd die meeste gebruik word. Daar is besluit om Moodle die platform vir Die Voortrekkers se aanlyn leer te gebruik. Covid het definitief ’n groot impak op aanlyn leer gehad. Die getal gebruikers in Moodle het sedert die Covid-19-pandemie drasties toegeneem. In Maart 2020 is ongeveer 50 000 nuwe Moodle-webtuistes geïnstalleer Sedert Junie 2020 is Moodle die leerplatform wat die meeste wêreldwyd deur akademiese instansies en ondernemings vir opleiding gebruik word. Moodle word gebruik vir onderrig en opleiding in verskillende dissiplines. Redes vir die gewildheid van Moodle is dat dit ’n oopbron- gebruikersvriendelike bestuurstelsel is wat gratis afgelaai kan word. Tans is die Intreekursus, Spanhantering, Voortrekkerbestuur, Kreatiwiteit, Mentorskap, Persoonlike risikobestuur en Fasilitering beskikbaar. Die statistiek in die gegewe tabel is vanaf die datum wat aangedui is tot 31 Desember 2022.

Zoom-opleidingsessie
18 April 2023 om 19:00:
Dr. Santa Josling: Wenke om rooiligte, groen te maak. Dr. Santa gesels oor tekens waarvoor ouers en offisiere op die uitkyk by kinders moet wees. Wat is gevaartekens? Hier is die skakel om die vorm te voltooi: