5 September 2022

Vyf…

Idees vir lente vir jou Voortrekkerspan:

  • pars blommetjies vir kaartjies;
  • hou ’n bomeskattejag (Hoe om);
  • maak ’n potplanthouertjie (Hoe om);
  • plant ’n sonneblomplantjie (Hoe om);
  • maak ’n vetplant-fyntuin.

Hoe om ’n groen span te wees

  • Herwin papier, glas en blikkies. By die meeste skole of instansies is daar houers waarin materiaal geplaas kan word. Laat jou spanlede papier, glas en blikkies na ’n spanbyeenkoms bring.
  • Tel rommel op. Besluit om tydens ’n spanbyeenkoms rommel te gaan optel. Laat elke spanlid ’n swartsak bring.
  • Plant ’n boom. Reël vooraf met die skool of instansie. ’n Kwekery sal jou die inligting gee oor hoe om die boom te plant. ’n Baie goeie boom om te plant is ’n Acacia karroo – Soetdoringboom. Hierdie boom is bestand teen droogte, groei maklik en die geel blomme lok skoenlappers en voëls.
  • Roei onkruid/indringerplante uit. Daar is baie organisasies wat betrokke is met onkruidbestryding. Julle kan selfs in spanlede se tuine help.
  • Julle span kan ’n dier in die dieretuin aanneem.
  • Wees bewus van belangrike omgewingsdae en praat daaroor, byvoorbeeld:
    • Wêrelddag vir Water – 22 Maart
    • Internasionale dag vir Biodiversiteit – 22 Mei
    • Wêreldomgewingsdag – 5 Junie
    • Erfenisdag – 24 September
  • Spandeer tyd in die natuur. Gaan stap. Kamp in die veld.
  • Hou ’n omgewingsvriendelike spankamp.
  • Probeer kode 7 “’n Voortrekker waardeer en bewaar sy omgewing” toepas in jou lewe.
  • Trek groen aan of kleur jou hare groen om Erfenisdag te vier.

Opleidingsnaweek 25 – 27 November

Die Opleidingsnaweek vir alle gebiede vind 25-27 November 2022 op Udolpho plaas.

 

Kursusse en sessies is saamgestel na aanleiding van die opname wat gedoen is. Baie dankie vir alle Voortrekkers wat die vorm voltooi het. Kursusse wat die naweek aangebied gaan word, is:

  • Afrikanerlewe
  • Handvaardighede
  • Kreatiwiteit
  • Lewenskuns
  • Touwerk
  • Volksdanse
  • Voortrekkerspyseniering

 

Die volgende sessies sal aangebied word:

  • Hoe om tegnologie in Voortrekkerwerk te gebruik (Deel 1 en 2)
  • Boelie (inligting oor boeliegedrag)
  • Hoe om geskiedenis vir PD’s aan te bied (Deel 1 en 2)
  • Hoe om geskiedenis vir Verkenners aan te bied
  • Hoe om Voortrekkers lekker te laat sing
  • SAS
  • Finansies in die Voortrekkers (Deel 1 en 2)
  • Veerkragtigheid/Kom ons bonsgons
  • Mentorskap (Deel 1 en 2)
  • Kleur jou lewe/Prisma-visie

 

Die inskrywingsvorm en inligtingsbrief sal Maandag 12 September per e-pos uitgestuur word.

Volg die skakel hieronder en toets jou kennis oor Voortrekkers!