9 Maart 2023

Vyf…

Belangrike punte oor die PV- teoretiese vraestel:

  1. 1) Die PV- teoretiese vraestel word elektronies afgelê en bestaan hoofsaaklik uit meervoudige keusevrae. Elke PV-kandidaat se oord of gebied sal hulle inlig waar die vraestel geskryf word.
  2. Dit is belangrik dat PV-kandidate die grondslag, wese, Voortrekkerkode en Verkennerbelofte goed moet ken. Hierdie is gewoonlik maklike punte vir kandidate wat goed voorbereid is!
  3. Die Verkennerlewe bevat ’n baie deeglike en gedetailleerde geskiedenis van die Afrikaner en Die Voortrekkers. Dit kan baie intimiderend lyk as jy dit vir die eerste keer sien, maar dit is meer belangrik om die gebeurtenisse en die omstandighede daarom te verstaan as wat jy ’n klomp datums en detail probeer memoriseer.
  4. Kaartwerk word ook elektronies getoets maar PV-kandidate het nie nodig om gradeboë of liniale te gebruik nie. Al die afmetings wat nodig is, word gegee en dit sal nooit nodig wees om iets af te meet nie. PV-kandidate mag wel ’n eenvoudige sakrekenaar saambring.
  5. PV-kandidate sal ongeveer twee weke voor die eksamendatum toegang tot die eksamenplatform ontvang. Hier sal hulle vorige PV-vraestelle op die platform kan deurwerk. Kyk uit vir ’n SMS met aantekeninstruksies teen die einde van Maart 2023.

Die Verkennerlewe

Vanaf die stigting van Die Voortrekkers in 1931 is die Verkennerloopbaan georganiseer in verskillende fases, naamlik:

  • Groenkopverkenner
  • Baanbrekerverkenner
  • Uithalerverkenner
  • Mettertyd is ’n vierde kategorie naamlik Baasverkenner (Graad 11) bygevoeg.

 

Die eerste volwaardige handboek vir Verkenners het eers in 1970 sy verskyning gemaak en was bekend as die Verkennerlewe, geskryf deur Pieter Maree. Die tweede uitgawe verskyn in Februarie 1981 en is so gewild dat dit agt herdrukke beleef, die laaste in 1989.

 

Die 1989-kongres besluit om die Verkennerlewe te hersien met ’n groter klem op leierskap- en persoonlikheidsontwikkeling. Gedurende die volgende klompie jare word die Verkennerlewe te dik vir een boek en word dit dus verdeel in vyf boeke, waarvan nommer een in 1994 verskyn, nommer 2 in 1995, nommer 3 in 1996, nommer 4 in 1997 en nommer 5 in 2000. Hierdie boeke is almal in A5-formaat met sagte groen buiteblaaie.

 

Die Verkennerlewe het in 2006 in ’n koffietafelformaat verskyn met ’n groter klem op entrepreneurskap, lewensvaardighede en praktiese leierskap. Die Verkennerlewe word in 2018 aan die hand van die Voortrekkerloopbaan hersien. Die Verkennerlewe is nie net belyn met die ABCD van Die Voortrekkers en die Voortrekkerkode nie, maar die toptienvaardighede wat internasionaal deur werkgewers geïdentifiseer is, is in die verskillende afdelings van die Verkennerlewe ingebou.

 

 

(Inligting verkry uit: Die Voortrekkers Hou Koers – Dr, Danie Langner.)

Opname oor die Verkennerlewe

Die Verkennerlewe kan tans digitaal vanaf die webblad afgelaai word. Die verskillende fases (Groenkopverkenner, Baanbrekerverkenner, Uithalerverkenner, Baasverkenner) kan ook apart afgelaai word. Die Voriemôl druk die Verkennerlewe in swart en wit (R85) of in kleur (R400). Dit is belangrik dat die Verkenner voor die PV-vraestel kennis met die Verkennerlewe maak. Die Verkenner moet reeds vanaf Graad 8 met die Verkennerlewe werk. Die Nasionale komitee vir Verkennersake wonder of daar ’n behoefte is om die Verkennerlewe in kwaliteit formaat in kleur te druk en te gombind. Die verskillende fases sal ook apart gedruk kan word. Die verkoopprys vir aparte fases sal ongeveer R195 wees en die volledige Verkennerlewe R565.

 

Voltooi asseblief die volgende opname om jou mening te gee: https://forms.gle/j2BLWvM8ANHt3DMbA. Baie dankie.

Zoom-opleidingsessie

18 April 2023 om 19:00:

Dr. Santa Josling: Wenke om rooiligte, groen te maak. Dr. Santa gesels oor tekens waarvoor ouers en offisiere op die uitkyk by kinders moet wees. Wat is gevaartekens?

Volg die skakel hieronder en toets jou kennis oor Voortrekkers!