Kategorie:

Penkop en Drawwertjie Seekamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Swartvlei Seekamp word vir die 29ste jaar aangebied en dit is die 2de jaar by ons nuwe terrein by Boknes Voortrekker Kampterrein in die Oos Kaap.

 

Kort beskrywing van die kamp:

PD’s en volwassenes maak gebruik van busvervoer na die kamp toe. Die rit is deel van die kamp en is die begin van ’n week vol van pret en avontuur. Die kamp se infrastruktuur is van so aard dat daar gebruik gemaak word van slaap lokale met stapel beddens asook weermagtente vir ouer grade om die kinders te huisves. Alle divisies het ook hul eie tente waarin die spesialisasies aangebied word en selfs die gesamentlike bymekaarkomarea is ’n reuse-sirkustent.

Die kamp is ’n geleentheid vir die hele gesin om saam vakansie te hou met die Voortrekkers en iets nuut te leer van die see asook die omgewing. Daar word elke dag op die strand gespeel en in die see geswem, terwyl die PD’s nuwe vaardighede aanleer. Elke groep op die kamp kry die geleentheid om op ’n uitstappie in die omgewing te gaan en die ouer PD’s slaap een aand uit gedurende die kamp op baie besonderse plekke!

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 1 – Seepret

Graad 2 – See-Waarneming

Graad 3 – See-Versamelkuns

Graad 4 – Seekennis

Graad 5 – See-Dierekennis

Graad 6 – Kus Ekosorg; Riviermondings; Staptogte

Graad 7 – Strandbewustheid; Erfgrond

Verskeie van die spesialisasies is eie aan Swartvlei Seekamp en spesifiek ontwikkel vir die kamp.

 

Loer gerus op ons Facebook blad vir meer inligting: https://web.facebook.com/groups/swartvlei

  

Kampleier:

Bertus Fourie

Selfoon: 082 921 5445

E-pos: swartvlei.kaptein@gmail.com