Kategorie:

Seekamp, met elemente van ’n veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die April-vakansie, te Boknes Voortrekkerterrein in die dorpie Boknes, ongeveer 30 km voor Port Alfred

 

Kort beskrywing van die kamp:

Behalwe vir al die normale clichés, lê die waarde van Boknes Verkennerkamp daarin dat die Oos-Kaap offisiere nie bang is vir ferm dissipline nie, maar respek het daarvoor dat ’n jeuglid sy of haar eie ontwikkelende identiteit het en Voortrekker-offisiere as voorbeeld voorhou. Die offisiere besef dat jeuglede wél gesonde kattekwaad mag aanvang – en soms selfs daarmee mag wegkom! Die kennis, vriendskap en kameraderie wat Voortrekker-jeuglede van regoor Suid-Afrika as lewenslange vriende bind, is voorwaar ’n toegevoegde waarde.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 7 Medemenskamp – Strandbewustheidl; Medemens

Graad 8 Strandloperkamp – Roeikunde; Seekunde

Graad 9 Duinekamp – Strandvernuf

Graad 10 Uithalerkamp – Afrikanergeskiedenis; Voetslaner

 

Kampleier:

Susan Mulder 

Selfoon: 082 921 4861

E-pos: susan@gbggroup.co.za