Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die September/Oktober-skoolvakansie in die Wemmershoekberge
Kort beskrywing van die kamp:
Die doel van die kamp is om die jeug te lei tot waardering van sy omgewing (Kode 5) en om die jeug te lei tot oplettendheid en geestelike en ekonomiese weerbaarheid (Kode 9). Die jeuglede leer die basiese beginsels van vraag en aanbod aan die hand van ’n aandelemarkspeletjie en ook deur hul etes se bestanddele met ruilhandel te bekom. Verder word baie klem gelê op spanwerk deurdat die groepe deurentyd ook “Survivor-tipe”-uitdagings doen waar spanwerk en kreatiwiteit krities is.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 8 – Kaart en Kompas; Kampkommunikasie; Tradisionele Spele
Kampleier:
Johan Minnie
Selfoon: 084 220 0074
E-pos: jaminnie@mweb.co.za