Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Wemmershoek gedurende Oktober-skoolvakansie
Kort beskrywing van die kamp:
Die vier basiese beginsels van oorlewing in die veld word op hierdie kamp behandel, naamlik vuur, water, kos en skuiling. Die jong Verkenner word blootgestel aan hierdie basiese tegnieke en moet dit prakties kan toepas. Die Veldvernufkamp is ook voorbereiding vir die Selfbehoud-kenteken wat in graad 11 aangebied word. Die aandprogram word bestee aan die Kampvuurkonsert-kenteken. Elke Verkenner kry geleentheid om deel te neem aan ‘n verskeidenheid kampvuurkonsertitems wat insluit van ‘n aansteekseremonie tot komedie.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Basiese oorlewings tegnieke in die veld. Selfvertroue om deel te neem aan kampvuurkonsertitems.
Kampleier:
Anton Erwee
Sel: 082 828 7370
E-pos: anton@source.co.za