Kategorie:
Waterwerkkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Jaarliks in die September/Oktober-skoolvakansie tussen die groen bloekombosse, op die goue stande van die De Bank kampterrein – ’n klipgooi weg van Oranjeville langs die Vaaldam.
Kort beskrywing van die kamp:
Wilgedraai bied die laaste kans wat Verkenners en volwassenes het om hul batterye te herlaai voordat die finale eksamens en projekte van die jaar met alle krag afskop. Daar heers deurlopend ’n opwindende atmosfeer op die kamp, wat hoogs aansteeklik is en niemand kan daardie gevoel van genoegdoening keer nie. Passie is energie en by Wilgedraai ervaar jy die krag wat kom wanneer jy fokus op die dinge wat jou opgewonde maak.
’n Lewe sonder uitdagings is vaal en doelloos. By Wilgedraai word Verkenners geïnspireer om die onmoontlike aan te durf en te oorwin – want om die onmoontlike te doen is nogal pret!
Wilgedraai het passie! Wilgedraai is energie! Wilgedraai inspireer!
Wilgedraai Waterwerkkamp – waar jy jouself mag wees!
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 7 – Oewervernuf
Graad 8 – Varswaterkunde
Graad 9 – Roeikunde
Graad 9-10 – Varswaterhengel
Graad 10 – Seilkuns
Graad 9-11 – Kampmedia
Graad 11-12 – Seilvernuf; Motorbootkunde
Graad 11 – Selfbehoud
Volwassenes – Waterwerk
Kampleier:
Nicol Jacobs
Selfoon: 083 601 4905
E-pos: kampleier@wilgedraai.co.za / nicol_ilse@@absamail.co.za
Webblad: http://www.wilgedraai.co.za