Leierskamp – Dié LEIERS van môre!
deur Thian Heyns Tydens die afgelope vakansie het die Vrystaat Voortrekkers weer volstoom gekamp na die grendeltyd dit vir ’n tydjie in die wiele gery het. Leierskamp het dié jaar met 57 Verkenners en 27 Offisiere afgeskop, wat wys dat ons volwasse lede regtig uitgehonger was vir kamp. Die Staatmakers was ook baie goed verteenwoordig…

























