Hoe om Karee-tee te maak

Kategorie:

Natuur

 

Graad of Groep:

Graad 3 tot 8

 

Beskrywing:

Die kareeboom is ‘n goeie koelteboom vir tuine, parke en sypaadjies en is een van die mees algemene bome op die Hoëveld en in die Bosveld in Suid-Afrika. Dit benodig baie son en matige water. In vroeëre tye is die vrugte gestamp, water bygevoeg en toegelaat om te gis, vir die bereiding van ‘n klaarblyklik verfrissende bier. Die drieledige blare is donkergroen met gladde rande. Van Julie tot September dra dit klein geel blomme, wat op die vroulike bome gevolg word deur trosse klein, geel-groen platterige vrugte, wat baie gewild is by voëls. Die naam Rhus is afgelei van die Griekse woord vir “rooi”, ‘n verwysing na die treffende herfskleure van sommige spesies, terwyl lancea verwys na die lansetvormige blare. Karee is afgelei van Karoo.

 

Onderwerp:

Bome, natuur, karee, veldtee