

Vyf…
dinge wat jy van aanlyn kentekens vir Verkenners moet weet.
-
Vyf kentekens kan aanlyn gedoen word, naamlik Leierskapsvaardighede, Kommunikasie, Afrikaanse Taalgeskiedenis, Nasionale Gedenkwaardighede en Kerkjaar.
-
Kry toegang by: https://voortrekkers.co.za/ en kies Aanlyn kursusse en kentekens
-
Registreer, of teken in as jy reeds geregistreer het.
-
Die Verkenners moet self vir elke kenteken “enroll”.
-
ʼn Amptelike kentekensertifikaat kan afgelaai word indien die Verkenner alle aktiwiteite en opdragte van die kenteken voltooi het.

Kreatiewe idees
Opdrag in Kreatiwiteitskursus: “Dink aan kreatiewe idees hoe mens kreatiwiteit by PD’s en Verkenners in aktiwiteite kan aanmoedig”. Hier is ʼn antwoord deur ʼn spanoffisier:
Afrikaanse liedjies: Ek het ’n graad 6 seunsspan. Ons gaan volgende jaar op 14 Februarie vir een van die meisiesspanne liedjies sing. Ons gaan Blinkvosperd, My hartjie my liefie en Suikerbossie vir hulle sing. Dit gaan groot pret wees en skielik ken my span drie Afrikaanse liedjies. Hierdie kan met enige liedjie gedoen word en daar hoef nie eers ’n geleentheid te wees nie. Nike dit net! (“Just do it!”)

Saamsing en die moderne Voortrekker (Deel 2)
Wat is jou gunsteling Vorie-liedjie? Hopelik het jy ’n wyer verskeidenheid om van te kies as die meeste jongelinge, want ek is seker die jongspan se antwoord sal uitbundig wees: “Rol die wiele” of “Wat maak ’n kamp so lekker?” Voorwaar tans twee gewilde saamsing liedjies − nie seker of dit die lekker aksies, die skree aan die einde … of die gebrek aan kennis van ander liedjies wat die rede hiervoor is nie.
Samesang is deel van Voortrekkerwees soos asemhaal. Maar waar kom samesang vandaan?
Die tradisie van sing
Die heel eerste Voortrekkersangbundel het in Junie 1948, kort na die Tweede Wêreldoorlog, verskyn. Naas die FAK-Sangbundel wat in 1937 verskyn het, is dit die eerste Afrikaanse jeugsangbundel wat deur ’n kultuurorganisasie saamgestel is. Nuwe liedere uit Voortrekkergeledere is spesiaal vir die Voortrekkers ontwikkel. Gewild was dit voorwaar! 25 000 van die eerste Voortrekkersangbundels is verkoop. Dit is telkens herdruk en hersien en onder andere is gewyde liedere, FAK-liedere, asook nuwe Afrikaanse liedere ook later bygevoeg. Selfs kitaardrukke is later bygevoeg.
Geslagte Voortrekkers het met geliefde Voortrekkerliedjies grootgeword. Die tradisie van samesang het ’n universele taal geword wat Voortrekkers reg oor die land in ’n eenheid gebind het en vandag steeds aangename herinneringe wek.
Kliek net hieronder vir ’n splinternuwe versameling PowerPoint liedjies!

Die wetenskap van leer – visuele leer
Prof Richard Mayer, ’n Amerikaanse opvoedkundige sielkundige, het ’n boek genaamd “Multimedia Learning” geskryf waar sy navorsing verduidelik hoe om multimedia (video, klank, grafika) te gebruik om leerderbegrip te verbeter. Een van die bevindinge is dat mens beter leer met teks en grafika as net teks. Iets soos ’n infodiagram is dus baie handig vir beter begrip.
Laai gerus hierdie infodiagramme (tafelmaniere) af: