Elandsprag gee om
deur Wikus Jooste
Elandsprag-kommando het die jaar gewys ons gee om. As deel van die 90 jaar vieringe, het ons die gemeenskap gedien.
Ouers en kinders het ’n fondsinsameling gehou vir Rustenburg DBV waar ons 17 komberse, 3 hondehokke, honde- en katkos en ’n kontantbedrag geskenk het. Die kerke, gemeenskap en Afriforum het ’n finansiële bydrae gemaak hiervoor. Die jeuglede en volwassenes het elkeen ’n beurt gehad om self die DBV te besoek en met die diere te speel. Twee gelukkige honde is deur hierdie kontak aangeneem.
Ons het die lente verwelkom deur hande te vat met die Mooinooi-gemeenskap en ons hoofstraat skoongemaak. Ons sien uit daarna om nog vele projekte saam met die Mooinooi-gemeenskap aan te pak.