Namibië se gebiedskamp by Oanobdam
18-23 Junie 2024 het Voortrekkers regoor Namibië ’n gebiedskamp by Oanobdam gekamp (100km. Suid van Windhoek).
57 penkoppe en drawwertjies, 28 verkenners, 11 staatmakers en 20 offiisiere en heemraadslede het hierdie verrykende kamp bygewoon.
Die penkoppe en drawwertjies het die volgende spesialisasies gedoen: omgewingskennis, brandweer, delwerye, varswaterhengel en waterbewustheid. Die verkenners het varswaterhengel en manne en vroue uit die Bybel gedoen. Die kampgangers het ook op verskillende uitstappies gegaan. Die graad 5’s het byvoorbeeld die brandweer in Windhoek besoek, en daar het hulle die voorreg gehad om in ’n brandweerwa te ry en water te spuit.
Die kampgangers het ’n mooi klompie vis gevang. ’n Hoogtepunt van die kamp was toe hulle die geleentheid gehad het om in bote op die dam te roei, en om teen mekaar resies te jaag.
Die kamp is afgesluit met ’n baie mooi kampvuurkonsert waar elke span ’n opvoering moes doen om ’n man of vrou van die Bybel uit te beeld.
Dit was inderdaad ’n fees om 11 staatmakers op die kamp te hê! AHL Shaun Peens en sy gesin het ook kom saam kamp, en dit was lekker om hulle ook daar te hê
Ons sê baie dankie vir die kosspan wat vir ons heerlike kos gemaak het, vir die offisiere en heemraadslede wat leiding geneem het en al die staatmakers wat kom help het. . Met hierdie kamp is nog ’n mooi hoofstuk van die Voortrekkerstorie geskryf, en ons is bevoorreg om deel te wees van daardie storie.