Winburg Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument by Winburg in die Vrystaat is op 10 Oktober 1968 ingewy. Die monument is op ʼn koppie op die plaas Rietfontein geleë, net suid van Winburg naby die N1. Dit is ‘n belangrike gedenkteken vir die geskiedenis van die Groot Trek in Suid-Afrika.

 

 

Onder leiding van Willie van der Merwe het ʼn groepie Vrystaatse Voortrekkers op 30 Mei die terrein help skoonmaak. Die terrein en monument is baie verwaarloos. Daar is ook tekens van diefstal. Alhoewel Die Voortrekkers ʼn groot bydrae gemaak het, is daar nog baie herstelwerk nodig. Daar is ʼn groot behoefte aan ondersteuning en hulp om hierdie monument weer tot sy reg te laat kom. Dit sal wonderlik wees as daar byvoorbeeld ʼn Geloftefees op 16 Desember kan plaasvind.

Dankie aan elke Voortrekker, ouer, Annemie Bosman en Willie van der Merwe vir hierdie inisiatief.