Gedenkdiens en Kranslegging by die Vredesmonument

 

Gister, 31 Mei 2026, het Gebied Oosvaal weer sy jaarlikse gedenkdiens en kranslegging by die Vredesmonument in Vereeniging gehou. Ons eregas was die Hoofleier en die gedenkrede is deur AHL Josua du Plessis gelewer. Behalwe die kranse wat deur die HB en GDB gelê is, is al die ander kranse deur die jeugleiers van die verskillende kommando’s in Oosvaal gelê. Tydens die geleentheid is daar ook jeuglede en ‘n Staatmaker ingelyf, ‘n gedenksteen is onthul ter viering van Voortrekkers 95 en die Goue Fakkels vir Volwasse Kursusaanbieder is aan 5 lede van Oosvaal asook aan die Hoofleier oorhandig.