Vrystaat by die Nasionale PV-afrondingskamp
Tydens die Julie-vakansie het 56 kinders en 10 offisiere die Nasionale PV-afrondingskamp bygewoon. Elkeen is huis toe met meer selfversekerdheid oor wie hulle is. Die kinders se Afrikanerwees, Christenwees en Suid-Afrikanerwees is bevestig en hulle het leierskapsvaardighede gekry om hulleself te handhaaf in die toekoms. Dit was vir elke kind voorwaar ’n heerlike ervaring. Die pret en samesyn van mede-Voortrekkers reg oor ons land en Namibië, het dit vir elke Voortrekker ’n ervaring gemaak om vir ewig te onthou; vuurmaakhout vir die oudag!
deur Hester Nortjé