Graad 4’s – speel, leer en sing by Doornkloof

deur Danie Human

Op 30 September het 148 gr. 4’tjies hul eerste busrit na Doornkloof aangepak om vier slapies sonder hul ouers op ’n vreemde plek deur te bring. Op Doornkamp kry jy die geleentheid om sweep te vleg, nuwe knope te maak, jy speel, jy sing en jy leer alles van Doornkloof en Sarel Cilliers. Die PD’s stap ook die wandelroete, die ‘Vuurvliegie-nagmars’ en gaan baken hul eie stukkie plaas af met net vier tandestokkies en een meter tou.

Vanjaar het Doornkamp se gr. 4’s die Bybelmonument onthul en elkeen het ’n spesiale medalje vanaf die Bybelgenootskap ontvang.

Gr. 4’s, ons hoop om julle volgende jaar weer te sien. Die bome wag – die klowe roep na jou…