90 … die nommer op almal se lippe

deur Venessa Janse van Rensburg

Genl. Hertzog Voortrekkers het in 2021 heerlik feesgevier, sommer die hele jaar lank!!

Ons het begin met 90 Lede op SAS te registreer!

Ons het deelgeneem aan die CANSA Shavathon en van daar met ons gekleurde hare en al 90 rooi, wit en blou ballonne losgelaat op die Magaliesberg.

Gesamentlik het die Genl. Hertzog-spanne 90 klippies geverf en baie kreatief gaan wegsteek op die skoolterrein en parkies en selfs by die Voortrekkermonument se Liedjietuin. Kyk gerus uit vir #vorieklip.

Op 27 September het ons 90 kolwyntjies versier en heerlik geëet … natuurlik!

Vir die Covid-gogga wat steeds pla, het ons 90 pakkies opgemaak met saniteerder en ’n masker om op 30 September by voerskole uit te deel.

Verkenners het 90 brode se skenking afgegee by ’n kinderhuis en 90 Voortrekkerblikke met bederfies in, by twee ouetehuise gaan uitdeel.

Verkenners het ook 90 min plus afgestaan om Solidariteit te help spruit skoonmaak in die Moot, asook 90 min plus vir die FAK gehelp om die Voortrekkerroetes by die Voortrekkermonument skoon te maak en op 30 September 90 plus koekies by Eden Care Centre gaan uitdeel om hulle te bederf!

90 was voorwaar die nommer op almal se lippe die afgelope jaar! En sien nou uit na ’n heerlike kommandokamp wat voorlê waar ons ’n spesiale 90 Olimpiese Spele gaan hou.