Anton se aptytlike appel-karamel verrassing

Anton se aptytlike appel-karamel verrassing

Dit is moontlik om ’n lekker appelnagereg op ’n staptoer te geniet. Hierdie bestanddele is lekker lig om te dra en na ’n lang dag se stap en aandete kan jy smul aan hierdie gereg.

Anton de Klerk het hierdie resep saamgestel vir ’n staptoer. Hierdie resep werk ook lekker op ’n braaivleisvuur vir nagereg.

Wat het jy nodig?

1 pak Nuttikrust, gekrummel

1 pak gedroogde appelringe (250 g)

’n Handvol bosbessies (cranberries) of soveel soos jy verkies. Rosyne kan ook werk.

Metode

Meng bosbessies en appelringe in ’n houer.

Gooi kookwater oor die vrugtemengsel en laat afkoel. Gebruik net genoeg kookwater om vrugte te bedek.

Sny ’n groterige stuk foelie. Plaas vrugtemengsel op die foelie, blinkkant na binne. Strooi die gekrummelde Nuttikrust-koekies oor die vrugtemengsel.

Bak op die vuur tot appels sag en karamelsous gevorm het (of die lus te erg raak!).

Bedien met Ultramel vla of langlewe room.

Spanlede in ’n Voortrekkerspan kan ook elkeen ’n eie pakkie maak.