Baanbreker-kommando oorhandig rolstoel
deur Adele Calitz
Baanbreker Voortrekkers se Graad 7-span, die Miere, het op 24 Januarie 2021 ’n rolstoel aan Cosmos Ouetehuis oorhandig. Dit was ’n 2 jaar projek en met behulp van skenkings kon die projek realiseer.
Ander nuus van Baanbreker:
Wilmien du Plessis het erkenning in die plaaslike Boksburg Advertiser-koerant ontvang insake Voorslag in 2020. Baanbreker Voortrekkers is baie bly en trots op Wilmien. Hou Koers!!
#Trots Afrikaans!
Op 3 Februarie 2021 besoek Baanbreker Voortrekkers se Gr 11’s, Arno Hatton-Jones en Ruben Calitz, die ATKV-hoofkantoor.
Hulle leer wat die ATKV alles doen vir die jeug en van hul menigte projekte vir Suid-Afrika. Hulle is baie vriendelik ontvang en die dag was leersaam en interessant. Hulle het besef dat as burgers kan ons mense lief maak vir Afrikaans!! Hou Koers!! Dankie aan mnr. Gerrie Lemmer (uitvoerende hoof) wat vir hulle vertel het van al hul projekte waarin die ATKV glo en waarvoor hulle staan. Mev. Mandie Ehlers (projekorganiseerder: TAAL) het meer vertel van die jeugraad, gapjaar en studentegeleenthede. Mev. Mercia Eksteen (hoofbestuurder van kommunikasie) het verduidelik hoe word die Taalgenoot en Afrikaans Digitaal bymekaargesit en verwerk. Die ATKV-personeel het met baie entoesiasme Die Voortrekkers ontvang. Baie dankie vir ’n leersame, voel trots Afrikaan- dag.
Elektronika-kenteken
Op 6 Februarie 2021 voltooi Arno, Bernard, Jurie en Ruben, Verkenners van Baanbreker-kommando, die Elektronika-kenteken, aangebied deur Pieter Calitz. Hulle leer hoe om te soldeer, basiese programmering, gebruik van ’n multimeter, soldeersuiger, tang, ens. Hulle leer ook van diodes, transistors, kapasitors, stroombane. Hulle kry ook geleentheid om hul eie projek te voltooi. Dit was ’n heerlike leersame pretdag!!