Brandkop-kommando se Pienk dag 2020

Contessa Janse van Rensburg

Brandkop-kommando bied elke jaar die Pienk dag by Hoërskool Fichardtpark aan. Al die gelde word ten bate van die Olea Kankersorgsentrum (KANSA) in Bloemfotein ingesamel.

In 2020 het ons besluit om die Pienk dag oor twee dae te hou in plaas van een dag. Op 7 Oktober het die kommando aktiewe drag gedra met iets pienks vir skool vir die bemarking van die Pienk dag. Op Donderag, 8 Oktober 2020 en Vrydag, 9 Oktober 2020 is die Pienk dae aangebied.

Leerders van Hoërskool Fichardtpark kon iets pienk aantrek vir R5.00 per pienk item. Ten spyte van die uitdagende jaar het ons as ’n skool en kommando R4340.10 ingesamel vir die Olea Kankersorgsentrum.

Mag 2021 se Pienk dag net so reusesukses wees.

 

 

Ander nuus van Brandkop:

Plant ‘n olienhoutboom

Surika Hugo

Op 4 Desember 2020 het die Graad 11’s van Brandkop-kommando saam met oom Willie en oom James ’n olienhoutboom langs die Omni Sentrum geplant as deel van die 100 jaar fees. Vir ons was dit baie lekker om die boom te plant. Ons het die hele tyd gelag en grappies gemaak. Ons almal het ’n beurt gekry om grond in die gat te gooi. Toe ons almal klaar was, het die seuns die gat toegemaak en die boom water gegee.

Ons is almal na die tyd na McDonalds toe vir ’n lekker roomys om verder die 100 jaar en die plant van die boom te vier. Die jaarliks kommandokamp sou op daardie dag plaasgevind het, maar as gevolg van Covid-19 het dit nie gebeur nie.

Ek hoop oor 100 jaar is ons boom nog daar en is hy ’n mooi volgroeide olienhoutboom.