Die Voortrekkers App
Bykans 3000 selfoongebruikers het al Die Voortrekkers App afgelaai. Hierdie App is nie net ’n hulpmiddel vir Offisiere nie, maar vir elke persoon wat betrokke is by Die Voortrekkers (Ouers, PD’s, Verkenners, Staatmakers, Heemrade, Vriende en Offisiere).
Die App is soos ’n Leatherman in jou sak: Dit bevat al die inligting wat jy nodig het om ’n volbloed Voortrekker te wees. Daar is o.a. inligting oor Kommando’s, Hoe Om’s, Speletjies, Resepte, Touwerk, Seremonies en ook die woorde van lekker saamsingliedere – alles in die palm van jou hand.
Graad 7’s, gebruik gerus die App om jou met jou Voorslagvoorbereiding te help. Daar is rympies om jou te help met die aanleer van die Hoofleiers en kleurkodes sowel as inligting oor die Voortrekkergeskiedenis en moets en moenies tydens seremonies.
Die App word gereeld opgedateer en bevat ook die nuutste weergawe van die opgedateerde (2017) PD werksboeke sowel as die huidige Verkennerlewe, alles gratis in die App.
Maak asb. seker (links onder op tuisblad) dat jy wel op die nuutste weergawe (v68) van die App is. In sekere gevalle moet jy die App “uninstall” en weer “install” indien jy nie die “update” opsie het nie. Hou gerus Facebook dop, ons sal jou daar laat weet indien ’n nuwe weergawe van die App beskikbaar is.
Indien jy nog nie Die Voortrekker App op jou slimfoon het nie, gaan maak vandag nog ’n draai by jou foon se App-winkel:
Google Play http://bit.ly/2EA3oL7
IOS https://apple.co/2GpfCH6
N.S. Laat weet gerus indien sekere inligting verkeerd of onvolledig is en watter ander inligting julle graag in die App wil sien.