Die Voriemôl

Ons eie Eenstop Afrikaanse Kultuurwinkel!

Unieke geskenke

Vellies en voorskote, ketties en koeksisters, bordspeletjies, boerseep en boeke,

Afrikaanse T-hemde – ag, te veel om te noem!

Voortrekkerdrag

Van gholfhemde, dasse en warmdrag tot kentekens en spanwapens.

Voortrekkerbenodigdhede

Oulike hulpmiddels vir spanbyeenkomste, geskenke met die Voortrekkerwapen op,

kamptoerusting, graadwielboeke en nog baie meer!

 

Afrikaners hou van vellies en by Die Voriemôl het ons verskeie soorte teen baie bekostigbare pryse!  Vir die boerseuns met die groot voete is die Rocky-vellies beskikbaar tot ’n No 14.  Ons het ook vellies vir dames en kinders.

Ons is altyd op die uitkyk na oulike Afrikaanse produkte en is daarom trots om die Reukkasteelreeks te kan aanhou.  Die lyfroom, linnesproei, suikerskrop en ander produkte met lieflike Afrikaanse name soos Na die reën, Dou in die môre en Rotspoele by die see is baie gewild.

Ons was vir twee maande gesluit a.g.v. die Covid-hoktyd, maar is gelukkig weer volstoom aan die gang.  Kom maak ’n draai by die winkel op die hoek van Pierneefstraat en 24ste Laan, Villieria, Pretoria of besoek ons aanlyn winkel by https://voriemol.voortrekkers.co.za/

Onthou: deur Die Voriemôl te ondersteun, verseker jy

dat Die Voortrekkers se ledegeld bekostigbaar bly!

Behalwe vir die gewone Voortrekkerbestellings, kan kommando’s ons ondersteun deur dankiesê-geskenke te koop. Elke offisier en ouer kan gerus ook verjaarsdag- en Kersgeskenke by ons koop.  Ons het ook geskenkbewyse, wat ideaal is vir pryse by kompetisies.

Baie dankie vir almal wat ons getrou ondersteun!

 

 

afAfrikaans
afAfrikaans