Diens by Fort Klapperkop
Op Saterdag 20 Januarie was Oord Monument, Sweepslag staatmakers en vriende betrokke by ’n ongelooflike dag van kuier by die 120 jaar feesvieringe van Fort Klapperkop.
Hoogtepunte het ingesluit: boeresport, kanon afvuur, perdryritte, volksdanse (volkspele, Skotse danse en Spaanse danse), lesings deur prof. Anton van Vollenhoven en oudkolonel De Waal, ’n verskeidenheid van stalletjies en die plant van klapperboompies …