Doornkloof 80 jaar
deur Willie Engelbrecht
Gedurende 2019 vier Die Voortrekkers Vrystaat, Doornkloof 80 jaar in die besit van die gebied.
Op 16 Maart 2019 as deel van die feesjaar is ’n tweede uitgawe van die boek Die bome roep, die klowe roep bekendgestel. Die redakteur van die boek was oudhoofleier Piet Strauss en bevat geskiedenis van Doornkloof oor die afgelope 80 jaar en selfs ’n deel van die Cilliers-familie se geskiedenis. Verskeie foto’s van die beginjare van Doornkloof kan ook in die boek gesien word.
Die boekie is te koop in die Wakis op Doornkloof.
Tydens die spesiale feesgeleentheid het die Doornkloof-saluut ook deur die kloof weerklink met 8 tradisionele sweepslae. Dawie Crause was verantwoordelik vir die saluut.