Doornkloof se graad 4-kamp
Christa Human
Doornkamp 2019 het 171 PD’s gehad wat vir die eerste keer op Doornkloof kom kamp het saam met 36 offisiere. Ons het aan die Noodhulp en Groot Trek spesialisasie gewerk en lief geraak vir die plaas. Daar is lekker gestap, gespeel, gesing en die kinders het behoorlik aan Tannie Magda en Tannie Allezeth se kos gesmul. Aan die begin was daar “Ek verlang huis toe trane” en aan die einde “Ek gaan jul mis trane”! Party kinders wou sommer hul skooljaar druip om weer volgende jaar by Vlaggies te kom kamp. Ons hoop elke graad 4’tjie kom weer volgende jaar in graad 5 kamp.