Graad 11 Vlotkamp op Bodemvas
Voortrekkers in hul graad 11 jaar in die Noord-Kaap doen die Dienaarleier spesialisasie. Hierdie spesialisasie word op ’n unieke manier aangebied. Daar word ’n vlot gebou van 12,5m lank en 2.1 m breed. Die eerste twee dae van die kamp word aan die bou van hierdie vlot spandeer. Die lesings word saans langs die kampvuur aangebied. Almal se bagasie en die kos vir ’n week word op hierdie vlot gelaai. Soggens vroeg word die vlot gepak en dan word daar heeldag geroei op die Vaalrivier. Saans slaap ons langs die rivier op verskeie plase. Spanne maak hul eie kos en ons slaap onder die sterre. Hierdie jaar was daar 22 Jeuglede en 5 Offisiere op die vlot. Ons het twee dae baie sterk wind gehad, wat ’n uitdaging was met die roei. Daar was inskrywings van Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Transvaal.
deur Lizle van Tonder