Graad 7-Avontuurkamp op Doornkloof

Corlia Botha

Vanjaar se Avontuurkamp op Doornkloof was weereens ’n groot sukses. Die graad 7-Voortrekkers het hulle gate uit geniet en sommer baie lekker dinge gedoen. Daar was vanjaar ook ’n paar nuwe aktiwiteite soos sweepklap en die kinders het ook hul eie oorlewingsbandjie (“survival bracelet”) gemaak – ’n baie handige artikel wat hulle kon saamneem huis toe.

Verder het die kinders aktiwiteite soos abseil, vermom en bekruip en nog baie ander interessante dinge gedoen. Hulle het ook geleer van eetbare plante in die veld.

Baie dankie vir elkeen wat bygedra het om van hierdie kamp weereens ’n groot sukses te maak.