Die HOE OM-reeks

Ons leef vandag in ’n baie gejaagde wêreld waar almal baie besig is. Voortrekkeroffisiere is nie noodwendig minder besig of het meer tyd as ander persone nie. Die HOE OM-reeks is saamgestel uit idees van offisiere wat oor jare versamel is. Die reeks is saamgestel om spanoffisiere te ondersteun. Dit bevat idees om spanbyeenkomste kreatief aan te bied. Die HOE OM-reeks is nie ’n vervanging van graadwielboeke, offisierehandleidings of die Verkennerlewe nie; dit dien as ’n aanvulling daartoe.

 

ʼn Besondere dank aan alle Voortrekkers vir hulle bydraes. Dankie ook aan Josua en Annelie du Plessis, Elsa Schnetler, Chrisna Nel, Charmaine Brummer, Jaco van der Walt, Maret Stoffberg, Semoni Cancelliere, Mona du Plessis en Anita Dreyer wat ʼn langnaweek opgeoffer het om nuwe HOE OM’s te skep. Dankie ook aan Margaretha van der Merwe wat klomp Verkennerkentekens se aanbiedingsmateriaal vir ons gestuur het. Sal dit nie wonderlik wees as die wat kentekens aanbied ook die kentekenmateriaal met ons deel nie. So help ons mekaar en hoef almal nie die wiel van vooraf te ontwerp nie!

 

Die voordeel van die HOE OM’s is dat dit dinamies is, dit kan aangepas, vernuwe of bygewerk word.

 

Stuur enige idees of voorstelle aan Sinta Robbertze per e-pos na hoofkantoor@voortrekkers.co.za.

 

KLIEK HIER OM DIE HOE OM BLADSY TE SIEN.