Kalahari Vasbyt 4×4
Die jaarlikse Kalahari Vasbyt 4×4 het afgeskop op Donderdag 27 April te Kameel Laerskool. Tente is vinnig opgeslaan voor die donker ons oorval. Die kamp is op die gepaslike wyse geopen en al die reëls vir die kamp is neergelê. Spanne is ingedeel en elke span kon vir hulle bakkie ’n bestuurder kies. Die spanne moes name kry en elke span het ’n addisionele spanlid bygekry. Dit was ’n aartappel en dié spanlid moes 24/7 saam met die span wees. Die spesialisasie wat ons hier gedoen het was Bybelkennis. Die teiken soek het Vrydag na middagete begin en van daar af was elke span op sy eie. Teikens is gesoek en kos is in die veld gemaak. Elke span moes hulle opdrag afhandel by die punt voor hulle verder mag gaan. Daar is kosgemaak in ’n wildkamp en die mak kameelperd is besoek. Sondagaand is die kamp afgesluit met ’n kampvuurkonsert en prysuitdeling. Na dit alles kon die kinders kuier. Maandagoggend is die tentedorp afgeslaan en kinders, offisiere en bakkies het vertrek. Ek wil elke offisier bedank vir die tyd wat julle opgeoffer het om van hierdie kamp weer ’n reuse sukses te maak. Dankie aan elkeen wat bereid was om julle bakkies te gee en die bestuurders wat ons kinders veilig rondgery het die hele kamp en dat daar geen beserings was nie.