Klitsgras 2023 stel nie teleur!

 

Hoe kan mens Klitsgras 2023 beskryf? Elke dag gebeur daar iets wat lekker is!  Ons leer van insekte en die weer.  Offisiere leer ons sing en die pret loop oor op “Geeldag”.  By handwerk gebruik ons draad en kraletjies om sleutelhouers te maak. Uniek… soos elke kind!

Kamp is lekker eet… Mmm… Melkkos en poeding en kerk op Sondae!

Boeresport en stap op Doornkloof, Bybelmars en lantern-bekruip onder die helderste sterre.  Igloo inspeksie en saamwerk leer ons dat Voortrekker-wees is ’n leefwyse is.  Om so naby aan die natuur te wees bly altyd ’n voorreg.  Ons leer van seremonies en om ons terrein skoon te hou. 

Lekker swem in die Beesvelddam en vinnig stort.  Konsert hou en lekker lag vat ons saam op die bus huis toe as die laaste vlag stryk.  As die stofstreep van die bus die die pad inkleur en Doornkloof raak stil, weet ons dit is darem net vir ’n rukkie, want hier bou ons vriendskappe wat klou om te hou soos op Klits- Klits-… KLITSGRAS!!!!