Kragga Kamma-kommando hou ’n deurry-dril

Nelmari Oosthuysen

Op 29 Januarie 2021 sit Kragga Kamma-kommando voet neer. As gevolg van die Covid-19-inperkings kon die jaarlikse beplande oorslaap nie plaasvind nie. Maar GEEN Voortrekkeraktiwiteite was nie meer ’n opsie nie.

Nuwe planne moes gemaak word, want ons mis ons jeuglede te veel. Vinnig verander die parkeerarea van ons sentrum in ’n deurry-selfhelp-pakkie-optel-avontuur. Elke graad het ’n eie tafel waarby motors kan stop. Hier ontmoet jeuglede hul offisiere en ontvang ’n selfhelp-pakkie om huis toe te neem.

Onder ’n lekker koelteboom is die tafel vir registrasie en klere word bestel in die kantoor. Ouers kon ook vir hul aandete bestel en optel by die laaste tafel.

Ons is dankbaar vir ’n klomp entoesiastiese offisiere wat elk gesorg het vir selfhelp-pakkies en ons jeuglede laat tuis voel het – al was dit nou net deur die motorvenster.

Ander nuus van Kragga Kamma:

Kragga Kamma-kommando hou spanbyeenkomste oor ’n afstand

Ons eerste spanbyeenkomste vir 2021 het eindelik aangebreek. Op 15 Februarie is die Kragga Kamma Voortrekkersentrum se gronde aan die roer. Elke span vergader op hul eie. Die leeus leer van die Voortrekkerwapen, die Meerkatte speel wegkruipertjie tussen die bome en die Jagluipers oefen hul Voorslagliedjies in die koelte van die laning. Weens die inperkings is ons te veel om as ’n groep saam te open en af te sluit, maar dit het nie gekeer dat ons weer soos Voortrekkers kon voel en speel nie.

Die Leeus