Magalieskruin is vol ywer in 2021
deur Carien van Niekerk
Magalieskruin pak 2021 aan met volle ywer. Die pandemie het ons Voortrekkers geleer dat die enige konstante is dat daar altyd sal verandering wees en dat ons gou moet leer aanpas en nuwe planne maak. Gelukkig is Voortrekkers vol planne.
Ons het aan die einde van 2020 nog ’n projek of twee aangepak. Ons het ’n virtuele DRAFSTAP gehou waar elke Voortrekker 3 km moes aflê en met die moderne tegnologie kon hulle hul tye inklok met ’n slimhorlosie of ’n slimfoon. Die foto wys die Kleynhans-gesin se uitstappie na Kgaswane-natuurreservaat in Rustenburg – Pa Jaco, Ma Michelle, Justin, Shawn en Ryan.
Ons het ook betrokke geraak by die geskenketoedraai-inisiatief by Waterfall Mall. Gemasker en al het Nerine, Hanré, Bianca en Sumarie geld ingesamel vir liefdadigheid en ook vir die kommando se projekte.
Vroeg in 2021 het ons betrokke geraak by Touleier se inisiatief om bloed te skenk en op die foto is ons kommandoleier, Blackie Swart, besig om te bloei vir ’n goeie saak.
Ander nuus van Magallieskruin:
2020 – Uitdagings maar nie beperkings nie
Magalieskruin Voortrekkers het 2020 gebruik om heelwat nuwe inisiatiewe uit te toets en die tegnologie uit te daag (nie seker wie het wie uitgedaag nie!). Ons het Radiospraak met ’n WA-groep aangebied; ons het ’n Drafstap aanlyn gedoen; ons het die Vories aangemoedig om besig te bly by die huis met eie projekte asook die oulike SuperSnuiterSaterdae. Op die foto is Caleb Kistler van die Wildehondespan besig om sy plantjies te versorg.