Namibië hou Gebedsinperkingskamp

Verskeie van Namibië se kampe is afgestel a.g.v. die Covid-19-pandemie. Die Gebeidsjeugleiers het met die wonderlike inisiatief gekom om ’n Gebedsinperkingskamp te hou, net daar waar ons is! Op die plaas, in ons agtererwe, maak nie saak waar in Namibië ons onsself bevind nie. Party moes slim planne uitdink en het tente in hul huise geprakseer, ander was gelukkig en het die oop vlaktes gehad.

Gedurende die aand het almal ’n tydjie ingeruim om saam te bid vir die mense dwarsoor die wêreld wat vasgevang is in die Covid-19-pandemie.

afAfrikaans
afAfrikaans