Namibië se Offisieresaamtrek – Spanboukamp
Die offisiere van Namibië het hulle jaarlikse offisieresaamtrek gedurende 13 tot 15 Januarie 2017 te Swakopmund gehou. Weens omstandighede kon meeste van die offisiere nie die kamp bywoon nie, maar dit het nie verhoed dat ’n lekker spanboukamp gehou is nie. Andre Ross, ’n avontuurfasiliteerder, het die program aangebied en die offisiere deur verskeie oefeninge gevat – van breinknopers tot bootroei. Al die aktiwiteite, behalwe vir die fisiese uitdagings, was altyd belyn met Die Voortrekkers se morele en Christelike waardes. So het almal baie van die ander en hulself geleer en kan die vaardighede aan hul onderskeie kommando’s en spanne oorgedra word.
Deur: Schalk Jordaan