Namibië Voortrekkers se Offisieresaamtrek

deur Jaco Schutte

Die naweek van die 11de tot 13de Januarie 2019 het altesaam 22 offisiere van regoor die hele Namibië die jaarlikse Offisieresaamtrek bygewoon. Hierdie jaar het ons almal saamgetrek in Swakopmund, by Alex van Rooyen Voortrekkers se spankamers.

Dit was ’n heerlike en leersame naweek, waar ons die Spanhanteringskursus tesame met ’n inligtingsessie oor SAS2 ontvang het. Ons was ook bevoorreg om ’n besoek van die Hoofdagbestuur te ontvang.

Hier in Namibië is ons wyd gesaai, maar saam Hou ons Koers vorentoe!