Noordelike PD Kamp

deur Henk Lottering

NPD-kampterrein gesien vanaf die Spoorsny tent.

En daar doen NPD dit weer! Weereens is jonk en oud se wildste verwagtinge oortref. Wat ’n onvergeetlike kamp was NPD 2018 nie! Dit was ’n tyd waar ons kentekenwerk met pret en gemak kon voltooi. Vriende is gemaak en baie pret is saam beleef.

Hierdie kamp in die noorde van ons land tussen Tzaneen en Mojadjieskloof (Duiwelskloof) op die Westfalia-landgoed is bedoel vir een en elk wat ons land se wonderskone natuur saam met geesdriftige, liefdevolle kampeerders wil beleef. Daarvan sal elk van die 122 PD’s en 53 volwassenes wat van 4 tot 8 April saamgekamp het, kan getuig.

Voorwaar het ons help bou aan die pad vorentoe!