Noordelike PD-kamp
Gedurende die Aprilvakansie het 185 Voortrekkers, jonk en oud saam gekamp met die leuse: “Ons KAN ook”.
En wat ’n wonderlike kamp was dit nie. Tussen die woude en plantasies van die Westfalia-landgoed naby Tzaneen is daar tuin gemaak, diere versorg, handwerkvaardighede bemeester, plantekennis opgedoen, toue geknoop, spoor gesny en bewustheid van die veld opgedoen. Volwassenes en kinders het hegte vriendskappe rondom die glyklip, bergstroompies en etenstafel gesmee.
Wat ’n voorreg! Ons kan nie wag vir 2018 se Aprilkamp in die Noorde van ons land nie.