Oom Jakkie trap ’n Kaapse draai

Oom Jakkie van der Colff, ’n 77-jarige afgetrede predikant en kranige fietsryer, onderneem binnekort ’n spesiale fietstoer ten bate van Die Voortrekkers. Hy beplan om tussen 17 Augustus en 21 September meer as 2 700 km deur vyf provinsies en 50 dorpe af te lê. Die toer begin by die Voortrekkermonument in Pretoria en eindig ses weke later by die Taalmonument in die Paarl. Hy pak dié fietstoer alleen aan, sonder ’n begeleidings- of ondersteuningsvoertuig wat hom vergesel, en op die roete sal hy by bekende en onbekende historiese plekke en monumente aandoen.

’n Groot afskopgeleentheid vind plaas van 7:30 tot 8:30 tydens Wapadrand se GGN. Oom Jakkie gaan in die dorpe waardeur hy ry ontvang word deur Voortrekkerkommando’s.

Hou die Facebook-blad dop vir meer inligting en om saam met oom Jakkie te toer.