OORD KAAPSTAD vier Jeugdag
Elke kommando en hul kinders is genooi om te help met die insameling van die items wat ons bymekaar gemaak het. Daar is op 11 Junie ‘n pretloop gehou ten bate van die Jeugdag en daardie fondse is gebruik om items soos netbal pale en kos aan te koop vir die dag.
In die aanloop na die dag het ongeveer 250 kinders wat deel is van Oord Kaapstad ‘n bydra gemaak vir die skool se kinders. Sommige het ‘n sepie en waslap geskenk en ander weer ‘n tandeborsel of handskoene. Die ATKV tak van Bellville het ook vir ons ‘n kombersie en sappie vir die dag geskenk. Elke kind is ook gevra om ‘n kussing te bring en so het elke kind ‘n lekker warm kombersie en kussing op die dag ontvang.
Die Verkenners moet as deel van hulle jaar se Verkennerwerk deelneem aan ‘n gemeenskaps projek, daarom was hulle as deel van die uitreik op die plaas genooi. Die Verkenners het gesing, speletjies gespeel met die kinders, die koek en geskenke uitgedeel en ook gehelp om die geskenke oop te maak. Dit was groot pret vir almal.
In die proses is daar baie mense wat bedank moet word en so wil ons vir Die Voortrekkers van Kanonkop (Brackenfell), Oom Vossie (Bellville) Kraaifontein en die ATKV hartlik bedank vir hul hulp, bydrae en ondersteuning op die dag van die Pretloop en met die Uitreik op die plaas. Ook baie dankie aan Caressa Rhoode van die skool wat ons gehelp het om die dag te reel.
Ons maak weer so vir ons Jeug van die toekoms.
Links agter: Andrew Potgieter (ATKV) Lourens Vermeulen, Carla Venter, Cornè Grobler, Elmarie Welgemoed, Petra Grobbelaar Caressa Rhoode (Skool sekretaresse)
Deur: Suzette Marais