Oord Panorama se GGN op ’n nuwe terrein

deur Mellanie Wright

Groot Trek leer van kerse maak

Oord Panorama se GGN het suksesvol afgeloop op ’n nuwe terrein, die Ella Combrink-terrein te Witrivier. Spesialisasies wat aangebied is was onder andere Brandweer, Paraatheid, Delwerye, Kerkjaar en Groot Trek. Dit is met entoesiasme en ’n hoë standaard aangebied.

Delwerye het ’n nuwe myn gekry en het baie geleer.

Die Verkenners wat Kerkjaar gedoen het, het ’n besonderse boodskap Sondag met die kerkdiens onder Marita Engelbrecht se bekwame hand gelewer. Sodoende sien die Penkoppe en Drawwertjies dat Verkenners ook Voortrekkers geniet.

Almal het die kamp geniet, maar wat die Laevelders die meeste geniet het, was die warmer weer na Pelgrimsrus se ysige aande.

Paraatheid leer by die brandweer