Ruiterwag kook
deur Riana Breytenbach
Na deeglike opnames tussen ons ouers na die grendeltyd het ons agtergekom dat ons ouers moeg was vir huiswerk doen en kinders leer. Dit was duidelik dat ons as offisiere ’n ander benadering moet kry om weer kommando-aktiwiteite aan die gang te kry. Na baie kopkrap en baie inisiatief van kreatiewe offisiere het ons die situasie gebruik om ons ouers te help.
Ons het agtergekom dat die jeuglede graag in die kombuis help na aanleiding van foto’s wat ouers op WhatsApp-groepe gedeel het. Die senior Penkop en Drawwertjies is gevra om kort video’tjies te maak van die vereistes van twee spesialisasies, nl.: Junior Kok en Die Kok. Hierdie video’s is saam met video’s wat offisiere gemaak het aan die jeuglede gestuur. Gou-gou was Ruiterwag se jeuglede hard aan die kook. Foto’s het ingestroom van die heerlikste Boerie-burgers, Franse roosterbrood en karamelkoekies. Op ’n koue wintersaand is heerlikste warmsjokolade gemaak. Met behulp van video’s van offisiere het hulle vir mamma en pappa bederf met die heerlikste etes. Daar was self ’n paar wat die mooiste tafels gedek het.