Tannie Maatjie ontvang toekenning
Tannie Maatjie Greyling het vanjaar as deel van die Doornkloofkampe haar spesiale Doornkloofpenning vir 70 gebiedskampe ontvang.
Sy het in 1968 haar eerste kamp op Doornkloof gedoen en oor die jare by etlike kampe gekamp. Die laaste 20 jaar is sy deel van die Hoofkwartier van Doornkloof tydens kampe.
Die toekenning is deur oud-Gebiedsleier Ouboet Fouché oorhandig.