Vrystaat Kursusnaweek

Die Vrystaat Voortrekkers het die naweek van 13 tot 15 Februarie ’n baie leersame kursusnaweek aangebied. Spanhantering, Fotografie, Bestuur en SAS, Kreatiwiteit en Seremonies is aangebied. Bykans 30 van die kursusgangers was nuwe offisiere wat die eerste keer op Doornkloof gekamp het. Hulle is ook op amptelike wyse ingelyf as Doornkloof-offisiere om die kampvuur, waar daar ’n worsie gebraai is.  Hulle moes elkeen vir hulle ’n takkie, blaartjie, klippie, doring en bokdrolletjie optel. Dit kon hul saam neem huis toe as aandenking. Elkeen moes ’n glasie water drink. Dié water veroorsaak klaarblyklik dat die offisiere keer op keer terugkeer Doornkloof toe.

Deur: Allezeth Ribberink