Wenners van die spekboom-kompetisie
deur Lizle van Tonder
Olyvenhoutsdrift-kommando het die spekboom-kompetisie gewen vir die kommando met die meeste inskrywings.
Elke kind het sy eie spekboom in ’n blikkie geplant. Die idee was om die boompies te verkoop, maar toe gebeur Covid en het ons nooit daarby uitgekom. Ons het nog al die boompies en die blikkies is nou mooi gemaak. Ons gaan dit verkoop om fondse in te samel vir kinders wat nie registrasiegelde kan bekostig nie.
Ander nuus van Olyvanhoutsdrift:
Olyvenhoutsdrift beplan ’n groot verjaardag
Olyvenhoutsdrift Voortrekkers in Upington is op 17 November 1931 gestig. Alle eer aan ons Hemelse Vader wat ons deur die jare gedra het. Daar is op 22 Oktober 1934 begin met die planne vir ons eie spankamers. Die eerste spankamers is in 1964 in gebruik geneem. Die grond is verkoop en die nuwe spankamers is in 1988 ingewy en is vandag nog in gebruik. Die eerste kommandoleier was mnr. H de K van der Merwe, en na hom is die kommando deur 23 verskillende kommandoleiers gelei. 2020 was ’n baie uitdagende jaar vir ons met Covid. Ons kon nie kamp of normaal aangaan met ons spanbyeenkomste nie. Ons hoop dat 2021 vir ons meer suksesvol sal wees. Ons beplan ’n lekker verjaardag vir ons 90ste verjaardag in 2021. Hou die spasie dop daarvoor.