Wes-Kaap PD Gebiedskamp
Van 1 tot 4 April het Graad 3-7 Penkoppe en Drawwertjies regoor die Wes-Kaap bymekaar gekom om die avontuur te Wemmershoek Voortrekkerterrein by te woon.
Die kamp het gegons met entoesiasme en gelag. Van kind tot volwassene het met oorgawe deelgeneem om die kamp suksesvol te maak!
Soos dit op enige Voortrekkerkamp gaan, is dit beslis nie die plek om te kom dieet nie, want kos was daar genoeg. Elke ete was uit die boonste rakke.
Paraatheid, Spoorkennis, Noodhulp, Groepspele, Brandweer, Boeresport, Seremonies, Spoorsny en Afrikanerkind was alles op die program en die goue reël was dat almal dit moes geniet.
Hou Koers dan tot ons weer ontmoet.
Deur: Pierre Voigt