Wes-Kaap Veldvernufkamp
Die jaarlikse Veldvernufkamp vir graad 9 Verkenners in die Wes-Kaap het vanjaar plaasgevind vanaf 29 September tot 5 Oktober. Die kamp geskied op die Skerpioenlaagte-terrein op Wemmershoek en was weereens ’n kamp vol opwinding en uitdagings. Na die teorie “val die vliegtuig” moet die graad neges vir 4 dae in die veld oorleef totdat die reddingspan opdaag. Teorie sluit in watersuiwering, veldkos, vuur maak en skuiling bou. Ons was bevoorreg om vanjaar die hoofbotanis van Kaapse Natuurbewaring, Rupert Koopman, by ons te verwelkom. Die stap in die veld saam met Rupert was waarlik ’n belewenis. ’n Grillerige hoogtepunt is elke jaar die vrywillige eet van skerpioene. Vanjaar is ’n rekord 7 skerpioene verorber. Geluk aan die graad neges vir ’n wonderlike kamp!
deur Anton Erwee