Wilgedraai “Vikings” word terug verwelkom in die kamp
Die gevoel in die kamp is gespanne en almal se fokus verskuif na die oewer van die kampterrein. Oë begin meer en meer dwaal na die rigting vanwaar die landing sal wees. Die horlosie se wysers tik die minute stadig verby, die perderuiters is gespanne omdat alles so stadig verloop en die keuse van musiek word gelaat in die hande van die persoon wat weet. Uiteindelik word die teken gegee dat Selfbehoud opgemerk en naby is. Kampmedia ruk in aksie en sewentien (17) Selfbehouders saam met hulle ses (6) instrukteurs beur voort deur die water saam met hulle drie (3) vlotte. Die “Vikings” word begelei deur twee perderuiters. Die verskillende divisies staan met hulle vaandels en perde ’n erewag vir ons moeë helde.
Die seremonie is só spesiaal en deur emosionele oomblikke van gelukwensing en dankbaarheid word fees gevier. Dankbaarheid heers omdat almal veilig terug is en as groep die stryd gewen het met die beskerming van Sy genade wat so onbeskryflik groot is.
Ad vitem Paramus, non mihi, non tibi, sed nobis.
deur Elsa Schnetler